Politieke Strydslyne
Toe spring die DA en die Vryheidsfront Plus aanmekaar; net toe ek begin dink dat die verhouding van Grootboek – Kleinboet deeglik gegiet is. Die DA beskuldig die Vryheidsfront daarvan dat laasgenoemde jaloers is op die DA oor hulle swak prestasie gedurende die 2024 algemene verkiesing. Die Vryheidsfront Plus beskuldig die DA van arrogansie en “grootheidswaan”. Die DA is inderdaad arrogant. Die Vryheidsfront lei waarskynlik inderdaad aan post-traumatiese skok na hulle werklike swak prestasie by die stembus in die verkiesing. Beide die Demokratiese Alliansie en die Vryheidsfront Plus het ʼn baie duidelike verkiesingbelofte verbreek deur met die ANC te gaan saamwerk nadat hulle hand-en-mond belowe het dat dit “nooit” sal gebeur nie. Beide werk nou met die ANC saam in koalisie. Ten spyte daarvan klou beide nog om lewe en dood vas aan anti-ANC retoriek om kiesers bang te maak. Die DA se argument dat hulle nasionaal met die ANC saamwerk om ʼn Bolsjewistiese, kommunistiese regering (die “doomsd...